)

2020 Matriekklas van Hoër Meisieskool Oranje verbeter rekords

Foto: Die Hoër Meisieskool Oranje het 12 leerders in die top 50 in die Vrystaat in die die 2020 nasionale Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen. Hulle is van links Naretha Swanepoel (namens haar dogter, Rehanjo, 92.4%), Miné Janse van Rensburg (91.0%), Corlia Venter (89.8%), Annemé van Tonder (91.3%), Ebet Bouwer (89.8%), Truné Prinsloo (93.2%), Katia Geustyn (91.0%), Christi Dempers (91.7%), Michelle Strydom (92.0%), Ivanke van Jaarsveld (92.7%), Bea Louw 90.4%) en Jana Campbell (91.4%).

Die matriekklas van 2020 het omtrent al wat ’n rekord in die eindeksamen vir die Hoër Meisieskool Oranje is, verbeter.

Die 12 leerders in die top 50 in die Vrystaat (die meeste deur enige skool), is die meeste nóg vir Oranje. Die nege leerders met agt of meer onderskeidings (die meeste deur enige skool in die provinsie), is die meeste by Oranje in die laaste dekade.

Die 390 vakonderskeidings en die 39 leerders wat ’n gemiddelde van 80% en meer behaal het, is albei gevalle die meeste in die laaste tien jaar. Christi Dempers het net die vierde Oranjeniet sedert 2008 geword om nege onderskeidings te bereik.

Die graad se slaagsyfer was 100%, die gemiddeld 72.3% en 97.22% het met universiteitvrystelling geslaag.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal