Foto: Die Hoër Meisieskool Oranje het 12 leerders in die top 50 in die Vrystaat in die die 2020 nasionale Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen. Hulle is van links Naretha Swanepoel (namens haar dogter, Rehanjo, 92.4%), Miné Janse van Rensburg (91.0%), Corlia Venter (89.8%), Annemé van Tonder (91.3%), Ebet Bouwer (89.8%), Truné Prinsloo (93.2%), Katia Geustyn (91.0%), Christi Dempers (91.7%), Michelle Strydom (92.0%), Ivanke van Jaarsveld (92.7%), Bea Louw 90.4%) en Jana Campbell (91.4%).
Die matriekklas van 2020 het omtrent al wat ’n rekord in die eindeksamen vir die Hoër Meisieskool Oranje is, verbeter.
Die 12 leerders in die top 50 in die Vrystaat (die meeste deur enige skool), is die meeste nóg vir Oranje. Die nege leerders met agt of meer onderskeidings (die meeste deur enige skool in die provinsie), is die meeste by Oranje in die laaste dekade.
Die 390 vakonderskeidings en die 39 leerders wat ’n gemiddelde van 80% en meer behaal het, is albei gevalle die meeste in die laaste tien jaar. Christi Dempers het net die vierde Oranjeniet sedert 2008 geword om nege onderskeidings te bereik.
Die graad se slaagsyfer was 100%, die gemiddeld 72.3% en 97.22% het met universiteitvrystelling geslaag.