)

BVHS Kwalitiet-uitslae van 2020 Matriekklas – Trekkers se trots in pandemie

Bethlehem Voortrekker Komprehensiewe Skool spog voorwaar met sy 2020-matriekgroep.  Die kwaliteit van die uitslae is van hoogstaande gehalte in beide die akademiese en tegniese afdeling. Die skool is ook gelys onder die toppresterende skole in die Vrystaat.  Daarby is besondere individuele prestasies behaal.

Ten opsigte van kwaliteit is dit belangrik om daarop te let dat 58 leerders in totaal 133 onderskeidings behaal het. Wat egter selfs belangriker is, dat 99.9%  van BVHS se 2021-matrieks toelating tot tersiêre  studies verwerf het.  Van hulle kwalifiseer 72.93% vir matrikulasievrystelling/ graadstudies, 26.3% vir diplomastudies en 0.75% vir hoër sertifikaat.

Hierdie syfers bewys weer eens dat Voortrekker sy leerders vir die toekoms voorberei en dat akademie ‘n top prioriteit vir sy leeders sowel as vir sy bekwame personeelkorps is. ‘n Groot aantal leerders behaal ‘n persentasie van 79% in verskeie vakke. Hulle doen aansoek vir hernasien in Maart.  Die totaal onderskeidings wat na alle waarskynlikheid aansienlik sal verhoog sodra die hernasien van eksamenskrifte afgehandel is. Een van ons leerders kry Junie 2021 die geleentheid om sy uitslae te verbeter tydens die her-eksamen.

Vyf leerders, Danielle Greyvenstein, Ashley Stemmet, Alexa van Wyk, Cara Viljoen en Inge Fourie het 7 onderskeidings elk behaal.

Vyf leerders, Jana de Jager, Lieze Fouché, Bianca Lessing, JW van der Merwe en Stefan van Wyk het 5 elk, en een leerder het 4 onderskeidings behaal.  Daarby het een leerder 3 onderskeidings, vyftien het 2 elk en een-en dertig leerders het elkeen 1 onderskeiding behaal.  Dit sorg vir ‘n ryke oes van 128 onderskeidings.

Vakonderskeidings: Totaal:128

2 Afrikaans FAL, 10 Afrikaans HT, 5 Besigheidstudies,  1 CAT,  1 Ekonomie, 13 English FAL, 6 Fisiese Wetenskap, 1 Gasvryheidstudies, 1 Geografie, 5 GO, 11 Lewenswetenskappe, 42 LO, 1 Siviele Tegnologie, 10 Rekeningkunde, 11 Wiskunde en 8 Wiskundige Geletterdheid.

Bethlehem Voortrekker wens sy presteerders, die Matriekklas van 2020, hul ouers en onderwysers hartlik geluk.  Uitnemendheid deurstaan die toets van tyd.  Sukses is die resultaat van harde werk en toegewydheid in ‘n moeilike jaar met baie uitdagings rondom die pandemie.


Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal