Hoërskool Pietersburg se Eeufeesjaar skop af op ‘n hoogtepunt met fantastiese Matriekuitslae!
Baie geluk aan die Klas van 2020 met julle skitterende uitslae! Pieties is ekstra trots op die volgende persone wat genooi was na die Limpopo Departement van Onderwys se prysuitdelingsfunksie: Diana van Niekerk is die Top presteerder in Limpopo met ‘n totaal van 8 onderskeidings en ‘n gemiddeld van 94,67%. Me Hannah de Klerk en me Liza Mussman ontvang ook toekennings vir die Beste uitslae in die provinsie. PHS se hart klop vandag voorwaar met trots!!
#pietietrots#eeufees2021#100jaarvantrotsetradisies