Die skoolhoof en onderwysers van Vrede Skool is baie trots op 2020 se matrieks en wens vir hulle ‘n blink toekoms toe. Die skool is baie trots op hul 100% slaagsyfer, ten spyte van die uitdagings as gevolg van die pandemie. Dit is die 32ste jaar wat Vrede Skool ‘n 100% slaagsyfer behaal.
Die Top presteerder is Bianca Bresler met 6 onderskeidings en ‘n Gemiddeld van 85.71%. 15 Van die matrieks het graad-vrystelling en 1 het diploma-vrystelling ontvang.
12 Onderskeidings is altesaam behaal:
Bianca Bresler: Wiskunde, Afrikaans, Rekeningkunde, Lewens Wetenskappe, Fisiese Wetenskappe en LO
Marli Grobler en Mar-Louise Uys – LO
Lize-Mari Oosthuizen, Keano Patrick, Tiaan Stoffberg – Wisk G
Ciska Breedt – Toerisme