)

Primêre Skool Willem Postma skenk boksterte

Foto: Megan Uys, Vonnéy Anderson en Ilmae Mostert

Die Knip-vir-CANSA idee waar Schools That Rock se lesers hul hare kan skenk, was eintlik Vonnéy Anderson se idee. Sy is hierdie jaar in Graad 5 in Willem Postma – sien aangeheg die aanbieding wat sy en haar mamma gemaak het om die idee aan die skool te verkoop.

Hierdie “geleentheid” is eintlik nog ver in die toekoms, maar Possies wil sommer reeds mense motiveer om hul hare te laat groei sodat almal lekker lang hare het teen 12 November 2021.

Indien iemand hul hare wil skenk hoef hul nie eers betrokke te wees by Willem Postma nie – hulle kan op hul eie net hul hare laat sny. Willem Postma sal dit net waardeer indien persone wat graag hul hare wil sny die “Google vorm” invul sodat hulle kan sien hoeveel mense wel hul hare gesny het! (Die skool sal ook in November vra dat almal wat hul hare gesny het vir Willem Postma ‘n foto sal stuur).

Dit sal fantasties wees indien jul dalk ons plasing op jul Facebook kan deel? Of ‘n nuwe plasing maak?

Hier is die plasing skakel: https://www.facebook.com/137092176377640/posts/3542469992506491/?sfnsn=scwspmo

Hier is die Google vorm skakel: https://forms.gle/NJU3bKRZPAccMF9Z6

“Die hoofdoel is natuurlik om soveel as moontlik poniesterte vir CANSA in te samel. Ons sal ook nader aan die tyd reël dat seuns hul hare tydelik kan kom laat “verf” by die skool – om so die seuns ook betrokke te kry.”

Op 12 November beplan hulle voorlopig om haarkappers van die omgewing na Willem Postma te nooi om by die skool die kinders se hare te kom sny – indien COVID dit toelaat sal hulle dan ook buitepersone toelaat om by die skool te sny.

Ons wil skole en ander instansies, soos die Voortrekkers, oor die hele land uitdaag om saam met ons op 12 November hul hare te sny vir CANSA!

Sonet van Zyl van CANSA se nommer is: 084 587 9820 – indien jy dalk met hulle ook wil gesels.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal