)

Schools That Rock gesels met Ronel Kruger

Schools That Rock het ‘n paar vrae gevra aan Ronel Kruger, Hoofmeisie van Klerksdorp HoĆ«rskool, Noord-Wes.

Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Om weer ‘n sokkie in te werk en om saam met al my vriendinne te lag

Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by jou skool? Ek sou meer geesvang of sosiale aksies probeer reƫl, maar steeds die Covid reƫls gehoorsaam sodat ons die leerders positief kan maak en hulle te motiveer vir die jaar.

Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om jou skool hul keuse te maak, wat sal dit wees? By KHS is daar ‘n plekkie vir almal. Jy maak saak hier! Jy hoef nie te presteer nie. Neem deel, gee jou beste en geniet dit. Maak nie saak waaraan jy deelneem, op die veld of op die verhoog nie.

Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? Juffrou Yvonne Scott. Haar positiwiteit is aansteeklik en sy het altyd ‘n plan! Juffrou Yvonne sit altyd haar hele hart in ‘n ding. Sy terg en lag saam met ons en maak die beste van ‘n slegte situasie.

Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Hokkie is definitief my gunsteling sport.

Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? Met ‘n paar lekker varkribbetjies kan jy my in ‘n wip vang.

Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Ek wil graag B.Com Bemarkingsbestuur swot en eendag my eie besigheid begin.

Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Die Universiteit van Stellenbosch.

Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? Moet nie vasklou aan dĆ­t wat verby is en dĆ­t waarop ons uitgemis het nie! Jesus belowe ons in JoĆ«l 2:25 dat Hy vir ons alles wat ons verloor het weer gaan teruggee. Hou moed en staan sterk. ‘n Blink toekoms wink vir ons!

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal