)

Schools That Rock gesels met Christiaan Roux

Schools That Rock het ‘n paar vrae gevra aan Christiaan Roux, Hoofseun van HoĆ«rskool Eldoraigne in Pretoria.

Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien die meeste uit om verhoudings te bou. Ek streef daarna om ā€œbandeā€ te bou tussen verskillende uiteenlopende groeperinge (nl Akademie, Sport, Kultuur, welwil en Sosiaal). Ek sien daarna uit om mense met verskillende sienings oor die lewe saam te snoer as een groep wat ‘n verskil in die wĆŖreld daar buite kan maak. Ons is een skool, en saam ondersteun ons almal mekaar. 

Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by jou skool? Ek sal graag die houding van sommige leerders wil verander. Ek sal graag ‘n kultuur van trots vir ons skool wil kweek. Dit sal alles aspekte van HoĆ«rskool Eldoraigne verbeter soos sport, kultuur, akademie, welwil en sosiaal.

Vraag: Indien jy iemand moet oorreed omHoĆ«rskool Eldoraigne hul keuse te maak, wat sal dit wees? HoĆ«rskool Eldoraigne het top-klas onnies wat dit hulle roeping maak om ons te lei en integriteit te koester sodat elke leerder hulle roeping kan vervul. 

Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? Hokkie Direkteur – Richard Pautz. Hy is ‘n ware voorbeeld van harde werk word beloon, asook om altyd en in alle omstandighede die regte ding te doen, selfs as niemand kyk nie.

Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Hokkie.

Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? Enigiets sonder …… groente

Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Ek sal graag medies wil studeer. Langtermyn doelwit: KardiovaskulĆŖre Chirurg.

Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Daar waar ek keuring kry. Ek sal Tuks verkies.

Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? Mede skoliere, 5 jaar bied aan jou geleenthede om op akademiese, kulturele en sport platforms intellektueel en emosioneel te groei om jou roeping te kan vervul wat dit ookal mag wees. Ministerium tuum vocatio. Wees jy, die beste individu wat jy kan wees. Doen altyd die regte ding, onder alle omstandighede, selfs wanneer niemand kyk nie.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal