Schools that Rock het ‘n paar vrae aan Morné Els, Adjunk-leier van Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal, gevra.
Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien uit om die nuwe leerders te verwelkom en hulle deel te maak van die Oakdale familie.
Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wil sien gebeur by Hoër Landbouskool Oakdale? Op hierdie oomblik niks nie.
Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om jou skool hul keuse te maak, wat sal dit wees? Ek dink as jy eers die waardes van die skool aan die persoon oordra en meer vertel van die tradisies en die visie van die skool sal dit n maklike keuse wees.
Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? Dis n moeilike keuse maar ek sal sê my vorige rugby afrigters Mnr. Pine Marais en Mnr. Philip Hattingh.
Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Sonder enige twyfel rugby.
Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? As braaivleis as n gereg beskou word, definitief. Andersins sal ek se nachos.
Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Ek beplan om n landbou ekonoom te word.
Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Ek sal dit geniet om Stellenbosch toe te gaan.
‘n Boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021 Eerstens, leef elke dag asof dit jou laaste is, jy weet nooit wat môre inhou nie. Tweedens, betoon respek teenoor ander mense, maar baie belangrik, vir jouself ook.
Become a Sponsor








