Schools That Rock het ‘n paar vrae gevra aan Lisa Westraat, Hoofmeisie van HoĆ«rskool Strand.
Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien uit daarna om saam met die AR en VRL aan projekte te werk en uitdagings saam met hulle aan te pak. Ek sien ook uit na my laaste jaar van hoƫrskool en ek kan nie wag om te sien wat die jaar alles vir ons inhou nie.
Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by Hoërskool Strand? Eerlikwaar, nee. Ek is só trots op Hoërskool Strand en ek glo die skool is uniek op sy eie manier en daarom sal ek niks wil verander nie.
Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om jou skool hul keuse te maak, wat sal dit wees? Ek glo HoĆ«rskool Strand is ‘n skool van geleenthede. Nie net op akademiese, sport en kultuur gebied nie, maar daar is so baie geleenthede om nuwe mense te ontmoet en vriendskappe te bou wat ‘n leeftyd sal hou. Ons skool is n baie diverse skool waar ons almal baie by mekaar kan leer. Dis hoekom ek glo HoĆ«rskool Strand die beste skool is.
Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? Definitief Mnr. Malan, ons skoolhoof.Ā
Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Hokkie.
Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? Spaghetti bolognaise.
Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Ek wil baie graag n fisioterapeut word.
Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Universiteit van Stellenbosch.
Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? Maak hierdie jaar jou eie! Gryp elke geleentheid aan wat na julle kant toe kom en moenie dat enigiets of enigiemand julle terughou nie. Jaag julle drome na en skiet vir die sterre. Doen alles wat julle doen tot die beste van julle vermoƫ en maak dit julle beste jaar nog!
Foto verskaf
Become a Sponsor








