Schools That Rock het ‘n paar vrae aan Jaydene le Fleur, Voorsitter van die VRL 2021 van Hoërskool Sand du Plessis gevra.
Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien uit na die sport en kultuur by die skool.
Is daar enige aanpassings veranderinge wat jy graag wil sien gebeur by Hoërskool Sand du Plessis? Ek sal graag wil hê dat my medeskoliere meer gees sal hê as tevore.
Indien jy iemand moet oorreed om Sand du Plessis hul keuse te maak, wat sal dit wees? Ek sal hulle oorreed deur te sê dat ons skool goeie onderwysers het wat passievol is teenoor hulle werk. Dat ons skool goeie sport en kultuur het en dat ons skool verskeie vakkeuses aanbied wat die leerders sal geniet.
Wie is jou rolmodel by jou skool? Mnr Olën
Watter sportsoort is jou gunsteling? Tennis
Wat is jou gunsteling gereg? Braaivleis en pap
Watter loopbaan wil jy volg na skool? Medies
Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Universiteit van die Vrystaat
‘n Boodskap aan jou medeskoliere vir 2021? Aan my medeskoliere van 2021 hoop ek dat hulle hul skoolloopbaan sal geniet en die beste van dit sal maak. Hulle moet daagliks daarna streef om ‘n voorbeeld te wees vir die volgende generasie.
Foto verskaf