)

Schools That Rock gesels met Michael Cilliers

Schools That Rock het ‘n paar vrae aan Michael Cilliers, Hoofseun van HoĆ«rskool Vrede, gevra.

Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien die meeste uit om weer terug koshuis toe te gaan.  Hoger-Op koshuis se kos is ā€˜n wenner en mens kan ook net só lank sonder jou vriende funksioneer.

Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by jou skool? Ek sal graag aanpassings wil maak sodat ons bietjie sport kan doen hierdie jaar.  Ek is seker die meeste van die leerders sal met my hieroor saamstem.

Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om HoĆ«rskool Vrede hul keuse te maak, wat sal dit wees? By HoĆ«rskool Vrede gee almal om vir mekaar.  Jy is nie net ā€˜n nommer nie.  Ons skool presteer op verskeie vlakke.  Ons sport is van top gehalte, ons steek nie lyf weg as dit by akademie kom nie en ons kultuur is kookwater.

Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? My rolmodel is Juf Marina Bester.  Jy gaan lank en ver soek om so ā€˜n goeie Wiskunde en Biologie onderwyseres te kry! Sy is altyd positief, is altyd op ā€˜n drafstap en by haar het ek geleer ā€œWiskunde is soos kos, jy moet dit elke dag kry.ā€

Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? My gunsteling sportsoort is vir seker rugby!  As mens vier finale in twee jaar gewen het is dit nogal moeilik om ā€˜n sportsoort bo dit te stel.

Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? Daar is niks wat met ā€˜n SKAAPRIBBETJIE op die kole kan kompeteer nie.

Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Ek is baie lief vir die plaas en ek wil graag kom boer na skool.

Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Die Universiteit van Noordwes.

Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? Harde werk word beloon.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal