)

Schools That Rock gesels met Luzaan du Plessis

Schools That Rock het ‘n paar vrae aan Luzaan du Plessis, Hoofdogter van HoĆ«rskool Vrede gevra.

Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien baie daarna uit om weer omring te wees deur mense. Om terug te wees by die koshuis en net weer al die gewone skoolaktiwiteite te beleef. Hoger-Op Koshuis is uniek en is regtig ā€˜n huis weg van die huis. 

Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by HoĆ«rskool Vrede? Vrede HoĆ«rskool is ā€˜n klein skooltjie met ā€˜n groot hart.  Ek sal so bly wees as ons hierdie jaar weer normaal kan skoolgaan en sportdae hou soos in die verlede. 

Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om jou skool hul keuse te maak, wat sal dit wees? Ons skoollied begin met die woorde ā€œons is ā€˜n klein dorpieā€.  Vir baie mense is dit negatief, maar vir ons is dit die rede hoekom ons juis hier bly.  Juis omdat ons klein is, is daar ā€˜n gevoel van familie.  Elke leerder tel in ons skool en ons het elkeen nodig om ā€˜n verskil te maak. Ons het ā€˜n verskeidenheid van aktiwiteite waaraan almal kan deelneem. Ons het baie pret by Vrede HoĆ«rskool.  By ons is dit LEKKER !

Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? Juffrou Marina Bester – my Wiskunde en Biologie Onderwyseres.  Sy is ā€˜n toonbeeld van passie vir die onderwys en haar leerders. Juffrou Marina het die gawe om met ā€˜n enkele glimlag jou dag op te helder.  Sy het ā€˜n groot hart en met haar sagte oĆ« kyk sy tot binne-in jou siel. Sy verwys altyd na ons as ā€œmy kindersā€ en laat ons ook soos haar eie kinders voel.  Sy wil altyd net die beste vir ons hĆŖ en motiveer ons om ons volle potensiaal te bereik.

Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Hokkie. Daar is geen lekkerder gevoel as om ā€˜n hokkiebal op jou hardste tot aan die ander kant van die baan te slaan nie!  Die toere en spangees maak dit baie opwindend.

Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? Ek is mal oor WORTELSLAAI, maar dit moet my MA se wortelslaai wees. Ek is ook ā€˜n soettand en sukkel om nee te sĆŖ vir ā€˜n soet dingetjie. 

Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Ek het ā€˜n passie vir mense en om mense te help.  Ek ondersoek ā€˜n loopbaan in Arbeidsterapie (Psigiatrie). 

Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Universiteit van Pretoria

Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? Spandeer tyd saam met mense wat jou leer hoe om die wonderwerke in jouself raak te sien. Doen alles wat jy doen elke liewe dag met passie – want dit gee jou die krag om ā€˜n ekstra myl te loop. 2021 is ā€˜n jaar van planne maak – en daarvan het ons matriekklas van 2021 baie!  Moet nooit dat jou planne opraak nie.

Foto verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal