)

Schools That Rock gesels met Elmi Bruwer

Schools That Rock het ‘n paar vrae aan Elmi Bruwer, Hoofdogter van HoĆ«rskool Robertson gestel.

Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien uit daarna om uiteindelik  terug by die skool te wees. Ek kan nie wag om al die Baba-Robbies te ontmoet nie. Ek sien uit om my laaste jaar ten volle te geniet, om nuwe planne en idees te formuleer saam met die res van die leerlingraad, sodat die jaar nog steeds vir ons spesiaal sal wees.

Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by jou skool? Ek wil graag meer Robbies motiveer om deel te neem aan sport- en kultuuraktiwiteite (as COVID-19 ons toelaat). Ek wil hĆŖ elke Robbie moet voel hulle het ‘n plek in ons skool. Of dit nou langs die veld, deel van die mediaspan, of op die astro besig om doele te slaan, en of dit agter ‘n rekenaar is besig om ‘n artikel te skryf.

Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om Robbies hul keuse te maak, wat sal dit wees? “Velle est posse.” Waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg . HoĆ«rskool Robertson se leuse is spieĆ«lbeeld van dit wat hier by die Robbies aan die gang is. Ons onderwysers is motiverend en hardwerkend. Elke kind se belange word eerste gestel. Die skool bied verskeie sportsoorte en kultuur aktiwiteite aan om elke kind te akkommodeer. Die Robbies presteer op hierdie verskeie gebiede en ons skool gee erkenning aan elkeen se harde werk. Ons skool implimenteer Christelike waardes en dra mekaar deur moeilike tye.

Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? Ek word elke dag geĆÆnspireer deur verskeie mense in ons skool, en daarom kan ek nie net een persoon uitsonder nie. Ek word omring deur hardwerkende onderwysers met ‘n passie vir hul werk, mede-Robbies wat altyd hulle beste gee en personeel wie se glimlagte jou hele dag kan verander. Ek kyk op na verskillende eienskappe en waardes van verkillende mense in my skool.

Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Ek is mal oor dans en netbal.

Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? My gunsteling gereg is bietjie eienaardig, maar ek is mal oor ‘2-minute noodles’.

Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Ek wil graag Sielkunde gaan studeer.

Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Die Universiteit van Stellenbosch.

Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? Ek wil graag elke Robbie uitdaag om die beste van hierdie jaar te maak. Al weet ons nie wat vir ons voorlĆŖ nie, wil ek hĆŖ elke Robbie moet hiĆ©rdie bul by die horings pak!

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal