Monnas is ongelooflik trots op Nandrè Burger, ‘n Oud-Monumentaar, wat gekies is om deel te vorm van die Protea-krieketspan.
Dié span gaan deelneem aan die T-20-reeks waar hulle onder andere teen Pakistan gaan speel.Nandrè het op skool al met sy talente gewoeker en het in 2013 vir Monnas se eerste krieketspan gespeel.
As trotse Oud-Monumentaar is Nandrè steeds betrokke by sy Alma Mater waar hy help met afrigting.Voordat Nandrè verkies is tot die Protea-krieketspan het hy deel gevorm van die volgende spanne: – Gauteng-skolespan;- Gauteng Leeus Amateurspan;- Central Gauteng Lions;- Mzansi T-20 league;- Cape Cobras;- SA A-span wat teen Sri Lanka gespeel het.
“Weereens baie geluk Nandrè! Monnas hou jou dop en ons glo dat jy nog baie tydens jou krieketloopbaan gaan vermag.”
#Monnas#UniekGefokus#SecondToNone#LiewerSlytAsRoes#100YearsOfExcellence