Foto vlnr: Marli Botha, Rejeanne Herbst, Christopher Smit en Anél Swart. Cailtin Isaacs was nie teenwoordig nie
As gevolg van die Covid-19 pandemie kon die nasionale atletiekkampioenskap ongelukkig nie vanjaar plaasvind nie en is vele atlete en ander sportbetrokkenes se prestasiepaadjie kortgeknip.
Hierdie Arend-atlete het vanjaar puik prestasies op die atletiekveld gelewer en sou by die atletiektoekenningsfunksie met half- en volle erekleure vereer word. Marli Botha het reeds by die Boland Kampioenskap vir hamergooi D/20 vir die ASA Junior Kampioenskap gekwalifiseer en ontvang dus volle erekleure. Rejeanne Herbst, Christopher Smit, Anél Swart en Caitlin Isaacs het al vier aan die Wes-Kaap Kampioenskap deelgeneem. Vir hierdie prestasie ontvang hulle half erekleure. Hoërskool Strand is besonder trots op hierdie vyf atlete . Vir Anél Swart (as matriekleerling) is dit die afsluiting van ‘n prestasieryke vyf jaar van Arende-atletiek.