)

EHS-Spoiings: sukses-publikasie, enig in sy soort

Foto bo: Meneer Harry Labuschagne en Zara Büchling met die bundel

Ten spyte van ‘n chaotiese Covid-jaar, spog die Erries weereens met die jaarlikse Spoiings.

Alhoewel dit lyk of die kreatiewe-skryfwerk-bundel deur die maer jare moes veg, beloof die inhoud om die land van melk en heuning kleur te gee in woorde.

Die Spoiings word saamgestel uit besonderse skryfstukke van die EHS-leerders wat hul gedurende die jaar geskryf het. Hierdie is ‘n bundel enig in sy soort, omdat, sover bekend, Hoërskool Ermelo die enigste skool is wat aan leerders hierdie unieke geleentheid en blootstelling bied.

Vanjaar het EHS ‘n kompetisie geloods vir die ontwerp van die voorblad. Cara Roos het as naaswenner weggestap. Groot dank en waardering aan Zara Büchling, wenner van vanjaar se voorblad-kompetisie, vir haar harde werk en toewyding vir die voorblad, asook die voorwoord.

Hoërskool Ermelo stem heelhartig saam met Zara wanneer sy in haar voorwoord sê: “Daar is ‘n Herder wat my oppas en nooit alleen sal los nie. Hy lei my na waters waar rus is en Hy maak my hoof vet met olie. My vrye vertaling: Hy maak my sorgeloos, my hare vry in die wind soos my siel. Te danke aan my Herder, hou ek my kop omhoog. Elke uitdaging wat die jaar vir ons gegee het, word nou slegs inleidend genoem tot ons suksesstories.”

EHS bedank ook meneer Harry Labuschagne vir sy harde werk en passie om die publikasie moontlik te maak. Sy liefde en passie vir Afrikaans en die ontwikkeling van kinders se talente blyk duidelik uit die sukses wat vanjaar se Spoiings weereens weerspieël.

EHS sien uit om 2021 se graad 12-kunsleerders deel te maak van dié kreatiewe geleentheid.

Baie dankie aan elke Afrikaanse-onderwyser wat ‘n liefde vir ons taal, Afrikaanse-kultuur en skryfkuns by EHS-leerders kweek: dit is julle wat wêreldklas-leerders oplei!

Die Spoiings is te koop teen R70 by Hoërskool Ermelo se finansiële kantoor.

Die besonderse voorblad van 2020 se Spoiings
Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal