)

Primêre Skool Naudéville neem ontwikkeling van Gr 7-leerders se leierspotensiaal na volgende vlak

Primêre Skool Naudéville van Welkom het besluit om die ontwikkeling van Graad 7-leerders se leierspotensiaal na die volgende vlak te neem. Tradisioneel is daar net ‘n klein groepie leerders verkies tot die leerderraad wat diens doen in hulle Graad 7 jaar. Die skool se snellende groei het ook bygedra tot die positiewe aanpassing.

In 2021 gaan al die Graad 7-leerders dien op die skool se leerderraad. Daar gaan drie rade wees waarop die leerders op ‘n roterende basis gaan dien. Hier gaan hulle tot hulle optimale vermoë ontwikkel word.

Elke raad gaan elke kwartaal twee raadvoorsitters kies (een seun en een dogter). Aan die einde van die derde kwartaal word daar uit elke raad se voorsitters gestem vir een seun en een dogter wat hoofseun en hoofdogter gaan wees vir die betrokke jaar. Die res van die leerders bly dan raadvoorsitters.

Primere Skool Naudéville is trots op al hul leerders en elke leerder is vir die skool belangrik.

Baie geluk aan die elke Graad 6-leerder wat verkies is tot die leerderraad. Maak jul skool trots!

Foto verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal