Primêre Skool Naudéville van Welkom het besluit om die ontwikkeling van Graad 7-leerders se leierspotensiaal na die volgende vlak te neem. Tradisioneel is daar net ‘n klein groepie leerders verkies tot die leerderraad wat diens doen in hulle Graad 7 jaar. Die skool se snellende groei het ook bygedra tot die positiewe aanpassing.
In 2021 gaan al die Graad 7-leerders dien op die skool se leerderraad. Daar gaan drie rade wees waarop die leerders op ‘n roterende basis gaan dien. Hier gaan hulle tot hulle optimale vermoë ontwikkel word.
Elke raad gaan elke kwartaal twee raadvoorsitters kies (een seun en een dogter). Aan die einde van die derde kwartaal word daar uit elke raad se voorsitters gestem vir een seun en een dogter wat hoofseun en hoofdogter gaan wees vir die betrokke jaar. Die res van die leerders bly dan raadvoorsitters.
Primere Skool Naudéville is trots op al hul leerders en elke leerder is vir die skool belangrik.
Baie geluk aan die elke Graad 6-leerder wat verkies is tot die leerderraad. Maak jul skool trots!
Foto verskaf