Foto: Meneer Tommie en Rickus van der Merwe van Hazquip
Meneer Tommie Doubell, skoolhoof van Naudéville Primêre Skool in Welkom, het Donderdag 19 November 45 geword en die kinders het hom vreeslik bederf.
Donderdag het Hazquip seker gemaak hy kom met ‘n groot lawaai by die skool aan. Die leerderraad het sy kantoor versier met balonne. Almal het lekker piekniek op die rugbyveld gehou en het koek geëet.
Omdat hierdie ‘n ongewone jaar is, het Naudies sy verjaardag weer Vrydag gevier met leerders wat nie Donderdag by die skool was nie (die leerders roteer).
Die leerders het weereens lekker piekniek op die rugbyveld gehou en elke leerder het ‘n briefie geskryf en hulle het sy motor vol briefies geplak om hom weer geluk te wens met sy verjaardag.
Meneer Tommie doen baie vir die kinders, personeel en werkers en daarom verdien hy die 2 spesiale dae!