)

Paul Roos Gimnasium krieket kry hoofafrigter

Krieket Suid-Afrika se A-span boulkonsultant en hoofafrigter van die Oostelike Provinsie, Piet Botha, sal aan die begin van die 2021-skooljaar voltyds by Paul Roos Gimnasium aansluit.

Botha speel op provinsiale vlak vanaf 1987 tot 2002 en rig ook vanaf 2006 senior provinsiale spanne af. Hy het onder andere SA “A” teen Indië en Wes-Indië  onderskeidelik verteenwoordig en in drie Super-Sport 4-dag finale deelgeneem. Hy is ook al as die Suid-Afrikaanse Eersteklaspeler van die jaar en twee keer Grens se Speler van die jaar aangewys. Botha is ook ’n entoesiastiese gholf en muurbalspeler.

“Die Paul Roos Gimnasium Hoof van Krieket moet ‘n ervare persoon wees met bewese leierskap-, afrigtings- en administratiewe vaardighede. Ons is oortuig dat mnr Botha, gegewe sy 32 jaar ondervinding in krieketafrigting op provinsiale en nasionale vlak en bestuursvaardighede, die regte kandidaat is vir die pos asook oor die nodige visie sal beskik om Paul Roos Gimnasium se krieket tot op die hoogste vlak in Suid-Afrikaanse skolekrieket kompeterend te maak.” André van Staden – Rektor.

As hoofafrigter van die skool se 1ste XI sal mnr Botha verantwoordelik wees vir daarstel van standaarde en norme vir Paul Roos Gimnasium Krieket asook afrigtingstrukture om seuns, met die potensiaal om professioneel te speel te ontwikkel en om elke speler die geleentheid te bied om hul optimale vaardighede te ontwikkel.

’n Opwindende projek op die Paul Roos Gimnasium krieketfront is die ontwikkeling van ’n binnenshuise krieketfasiliteit. Hy sal verantwoordelik wees vir die bestuur van hierdie fasiliteit asook om ons krieketspelers die geleentheid te bied om regdeur die jaar hul vaardighede te verskerp deur toegang te geniet tot ’n hoë kwaliteit oefenfasiliteit.

Paul Roos Gimnasium wens mnr Botha geluk met sy aanstelling en sien daarna uit om die krieketspelers aan sy ervaring bloot te stel.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal