Hoërskool Robertson se matrieks het hulle laaste dag goed gevier.
Die tradisie by die skool is dat die leerders die klok lui op hul eerste dag in graad 8 en dan weer op hul laaste dag in graad 12. Dit is ‘n jaarlikse tradisie wat by Hoërskool Robertson plaasvind. Leerders teken ook op mekaar se skoolhemde en skryf ook boodskappe op hul hemde.
Met die afsluiting is die matriekklas van 2020 deur die hoofseun en hoofdogter toespreek en daarna deur die skoolhoof, Mnr Bradford.
Robbies wil ook graag aan die matriekklas van 2020 baie sterkte toewens met die afhandeling van die eind-eksamen.





Become a Sponsor









