)

Hoërskool Ermelo matrieks neem met dankbare harte afskeid

Hoërskool Ermelo het op Maandag 19 Oktober met dankbare harte afskeid geneem.
Die matrieks van Erries het oudergewoonte die jaarlikse matriek-kerkdiens bygewoon te NG Kerk Moedergemeente.
Dit is een van die laaste geleenthede wat spesiaal vir die matrieks van Ermelo gereël word. Hierdie mooi tradisie is spesiaal om vir die graad 12’s van die gemeenskap sterkte toe te wens – nie net vir die komende eindeksamen nie, maar ook vir wat die toekoms na skool vir elkeen inhou.
Die boodskap is gebaseer op Abraham wat net moes wegtrek en God vertrou. So moet elke matrikulant en ouer op die Here vertrou om altyd by hulle te wees. Dominee Jan Potgieter, ‘n graad 12-leerder van EHS se pa, het die diens waargeneem. Wat ‘n kosbare voorreg!
Graad 12’s, mag julle krag ontvang om die laaste berg van julle skoolloopbaan met grasie uit te klim en mag julle met geruste harte die uitsig bewonder. Julle het hard gewerk om tot hier te kom.
Hoërskool Ermelo wens elke Errie-graad 12 alle sterkte en voorspoed toe. EHS is trots op die matriekgroep van 2020!
Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal