)

Agt Erries neem deel aan Oppie-Tong-Af se Nasionale Finaal

Foto: Raees Tikly besig met die opname van sy toespraak

Verskeie Erries het die afgelope week aanlyn aan die nasionale finaal van die Oppie-Tong-Af-redenaarskompetisie deelgeneem.

Caylin Loock, Carla Ferreira, Danielle Koçaj en Jenna Oosthuizen het in die Afrikaanse voorbereide spanredenaars afdeling meegeding. Die individuele redenaars het in die volgende kategorieë meegeding: Leandri Viviers (Afrikaanse voorbereide toespraak), Johnke Prinsloo (Engelse voorbereide toespraak), Raees Tikly (Engelse motiveringstoespraak) en Mienke Cloete (Goue Tong).  In die Goue Tong-afdeling ontvang leerders ‘n onderwerp en slegs 5 minute voorbereidingstyd waarna hul ‘n toespraak van 5-7 minute moet lewer.

Raees Tikly vaar besonder goed en behaal ‘n landswye tweede plek in sy afdeling. Raees, die Erries is geweldig trots op jou! Hartlik geluk aan elke leerder wat deelgeneem en hul Godgegewe talente nog fyner kom slyp het. Hoërskool Ermelo is trots op ons agt Erries wat gewis nie op hul bekke geval is nie!

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal