Foto vlnr: Kaïlah Ferreira en Bianca Pienaar
Â
Twee oud-Oranje’s sal vanaf Woensdag in die Telkom Netballiga in Bloemfontein uitdraf.
Kaïlah Ferreira is vir die Noordwes-Flames en Bianca Pienaar vir die Noord-Kaapse Diamonds gekies. Kaïlah (matriek 2018) studeer aan die Noordwes-Universiteit en Bianca (matriek 2019) aan die Universiteit van die Vrystaat.
Albei was doelskieters op skool.
Kailah het die eerste span tussen en 2015 en 2018 verteenwoordig en was in 2018 ’n lid van die SA o.18-span wat in Australië gaan speel het.
Bianca het in 2018 en 2019 vir die eerstes gespeel en was verlede jaar as een van die top-35 o.18-spelers in die land geïdentifiseer.