*Om ‘n Fichie te wees is ‘n eer vir my en ook vir die Blou Blazer aan my sy.*
Dit is vir my ‘n groot voorreg om as Hoërskool Fichardtpark se Hoofseun van 2021 te dien.
Ek aanvaar die verantwoordelikheid wat saam met die posisie kom en daarmee beloof ek om Hoërskool Fichardtpark te lei,dien en te verteenwoordig.
Ek wil in 2021 die streeptrui met trots ondersteun, die baggie met respek hanteer en my skoolbaadjie met eer dra.
Mag ons as skool na uitnemendheid streef en op al drie gebiede van sport akademie en kultuur presteer .
My wens vir Hoërskool Fichardtpark is om die voorkeurskool in Bloemfontein te wees. En dit kan slegs behaal word deur as ‘n eenheid saam te staan . Ek sien uit vir 2021 .
Ek los julle met die volgende woorde: “Hou jou kop in die wolke ,jou hart in die hemel en jou voete op die grond.”