)

Hoërskool Waterkloof se Justine Barwise Nasionale wenner van Olimpiade vir 2020

Justine Barwise, graad 12-leerling van Hoërskool Waterkloof in Pretoria, is gister tydens ‘n regstreekse prysuitdelingsfunksie as die nasionale wenner van die
Rekenaartoepassingstegnologie Olimpiade vir 2020 aangewys. Dit is ‘n uitsonderlike prestasie en die skool is ongelooflik trots op haar!
Justine was een van meer as 5 000 deelnemers wat in Februarie die eerste rondte van hierdie ingewikkelde rekenaargebruikerskompetisie aangepak het.
Om die derde en finale rondte te haal is ‘n groot prestasie vir enige leerder en die enigste Klofie wat dit ooit voor Justine kon regkry was Marni Kleyngeld van die 2017-klas.
Justine, tesame met slegs 10 ander leerders landswyd, het die afgelope naweek by satelietpunte regoor Suid-Afrika aan die finale rondte van hierdie uitdagende kompetisie deelgeneem waar Justine as algehele wenner uit die stryd getree het.
Klofies het ook ‘n kontantprys ontvang vir haar puik prestasie.

Hierdie is ‘n ongelooflike prestasie vir die skool!

Baie geluk Justine, jy is ‘n waardige wenner!
Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal