)

Primêre Skool Jordania: Boodskap van Dr André Smith

Ondersteuning en aanvulling tot Kurrikulum en Verryking

‘n Volledige Leerderondersteuningsentrum bied ondersteuning aan ons leerders.

Die volgende dienste word verskaf:

• Skolastiese evaluasies; berading; emosionele ondersteuning; remediërende onderrig; ekstra klasse; motoriese- assessering en hulpverlening

• Dienste van onafhanklike terapeute: Arbeidsterapeut; Spraakterapeute, Sielkundiges en Opvoedkundige praktisyn.

• Bystand en hulpverlening deur medici

• Nasorgsentrums op die skoolterrein

• Broodjieprojek

• Tweedehandse Klerebank

E-Leer

Lesse word verryk deur ‘n verskeidenheid van elektroniese hulpbronne. D.m.v. Smartboards en Internettoegang in alle klasse, kry leerders toegang tot opvoedkundige video’s, powerpoint lesse en interaktiewe speletjies.

Wiskunde Laboratorium: Gr 4 – 7

Die laboratorium beskik oor Wiskunde speletjies en apparaat waarmee abstrakte konsepte op ‘n konkrete manier aangeleer word. Cami-Wiskunde is ‘n interaktiewe Wiskunde program en stel leerders in staat om d.m.v. tablette interaktief te leer.

Akademiese kompetisies

Leerders kan deelneem aan ‘n verskeidenheid kompetisies.

Amesa; Wiskunde in Aksie;

Sanlam WOW Spelfees; ATKV Redenaars; ATKV Leesprojek;

Astro Quiz & Departementele Vasvrawedstryde.

#Lieflees Projek

Die hart van die projek is om ‘n liefde vir lees en leesontwikkeling te bevorder.

Elke week tydens ‘n “Drop All and Read” periode, kry leerders kans om na voorlesings te luister, hul eie boeke te lees of hardoplees te oefen.

In- en uitstappies

Elke graad het ‘n in- of uitstappie wat opvoedkundig van aard is.

Spesiale Dae by die Skool

• Gassprekers en kunstenaars

word genooi om leerders se

horisonne te verbreed.

• Entrepreneursdae

• Beroepsdag

• Storieboekdag

• Wêreld Hardopleesdag

Biblioteek

Ons beskik oor ‘n goed toegeruste biblioteek met ‘n verskeidenheid van fiksie en nie-fiksie boeke

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal