“Dis baie lekker om ons Jorrie maats terug by die skool te hê en al die vriendelike gesiggies te sien. Sterkte aan almal wat more skool toe kom. Ons staan gereed vir julle.”
Jordania se waardes:
Waardes Tel 100%! Primêre Skool Jordania is verbind tot karakterbou. Deur die jaar word die 6 pilare van ‘n waardegedrewe lewe op elke moontlike wyse by ons leerders ingebou.
Die 6 pilare is: Respek, Geloofwaardigheid, Verantwoordelikheid, Regverdigheid, Omgee en Goeie Burgerskap.
Akademiese standaard:
Ons glo aan elke kind se potensiaal. Akademie is ons hoogste prioriteit en daarom streef ons na ‘n hoë akademiese standaard.
Ons maak gebruik van die beste onderrigmetodes en nuutste tegnologie in ons klaskamers, om te verseker dat elke leerder se volle potensiaal bereik word.















