Vroegoggend, terwyl die maan nog sigbaar was, het die eerste Possies al die skool terrein betree. Gelukkig help die maskers nie net teen COVID nie, maar ook teen die koue!
Primêre Skool Willem Postma is ‘n gemengde primêre skool met bykans 1000 leerders vanaf graad 1 tot graad 7 en is geleë in Dan Pienaar (noordelike woonbuurt van Bloemfontein).
As ek die skool in een sin sou beskryf, sal dit wees: “Die kaalvoetskool waar christenskap geleef word.” Ons opvoedkundige uitgangspunt is gebalanseerdheid, eerder as oordrewe spesialisasie. Dit is dan ook ons strewe om aan elke leerder so veel as moontlik geleenthede tot groei en ontwikkeling te bied.
ONS KRAG LÊ IN:
- God as Hoof
- Gemotiveerde professionele personeel
- Betrokke ouers
- Vrymoedige leerders
- Toonaangewende onderrig en opvoeding
Ek hoop u geniet die besoek aan ons webblad. Kontak ons gerus.

Become a Sponsor









