)

Hoër Meisieskool Oranje

Vlnr: Chrismie Smith (gr. 10), Chané Nel en Carmi van Niekerk (albei gr. 11)

Drie slimkoppe van die Hoër Meisieskool Oranje (die tweede meeste in die sentrale streek) is onder die top-60 in Cum Laude Media se wiskundekompetisie vir hoërskooldeelnemers. Die finaal vind op 25 Julie plaas.

Die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje, oftewel die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein is ’n oopkop-skool wat tred hou met die moderne wêreld, maar steeds ons Christelike waardes, betekenisvolle tradisies en gehalte-onderwys behou.

So was ons die eerste openbare skool in die Vrystaat om tablette vir onderrig te gebruik. Ons is ook een van enkele skole in die provinsie met ons eie digitale televisiekanaal, bekend as Oranje TV.

Ons onderwysers is hoogs gekwalifiseerde, professionele opvoedkundiges met ’n passie vir hul werk en ’n filosofie van “elke kind is my kind”. 

Die gehalte van ons buitemuurse aktiwiteite, soos sport en kultuur, is net so hoog soos ons akademiese gehalte.

Hier is die leerders eenders in geloof met ‘n visie om pret te hê, om Oranje te dien en om voor te berei vir die beroepswêreld.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal