Wilana Wolfaardt (gr. 10) en Nika Reinach (gr. 11) se akteursvernuf is beloon en gaan verder geslyp word in Speeltoneel 2020, ’n aanlyn-dramakompetisie aangebied deur ABS Produksies.
Dié twee Oranjeniete se monoloë wat hulle ingeskryf het, is gekeur wat hulle ’n weeklikse digitale les besorg by een van Desiré Gardner (aktrise van Binnelanders- en Suidooster-faam), Reynardt Hugo (Binnelanders), Pascal Pienaar (Binnelanders), Je-Ani Swiegelaar (Binnelanders) of Jana Nortier (Villa Rosa).
En die moontlikheid bestaan van ’n rol in ’n kykNET-kortfilm in April 2021.
Volgens Nika het sy Sondag ’n video-oproep van Reynardt ( ontvang om terugvoer te gee op haar opvoering. Sy en Wilana moet aan die einde van ’n maand ’n video oor hulle vordering stuur.
Wanneer die inperking verder verslap word en reis moontlik is, sal hulle een keer ’n maand na die akteurs reis vir verdere opleiding.