Schools That Rock vra ‘n paar vrae aan JP Botha, Hoofseun van Hoërskool Rustenburg.
Vraag: Hoe sien jy die invloed van die Covid19 virus op ons land?
Vir my is dit positief maar ook negatief. Alhoewel daar verskriklik baie sterftes is wat tragies is, kan mens die positiewe uitwerking van die virus ook sien en dit is dat mense meer higiënies is.
Vraag: Dink jy dat die virus ‘n invloed op toekomstige onderwys gaan hê? Gaan skole anders kyk na onderwys?
Soos wat dit op die oomblik nou is gaan onderwysers en skole in die toekoms moet aanpas om klas te gee en die werk by die leerders uit te kry op ‘n manier sodat hul dit kan verstaan omdat daar werk verlore gegaan het, maar sodra alles weer terugkeer na normaal gaan skole weer soos altyd funksioneer.
Vraag: Hoe/wat beplan jy om steeds jou doelwit vir jou laaste jaar op skool te bereik?
Ek pak elke dag aan soos wat dit kom met die visie wat my doel is.
Vraag: Wat beplan jy vir jou toekoms? Loopbaan?
Ek wil graag Meganiese Ingenieurswese gaan studeer.