Bianca Joubert, ‘n gr. 5-leerling van Laerskool Mooirivier in Potchefstroom, het rede om breed te glimlag. Sy het gedurende die Wêreldkampioenskap vir Uitvoerende Kunste in Los Angeles net soveel medaljes verower as wat daar vingers aan haar twee hande is. Bianca het agt silwer medaljes verower in ballroom, kontemporêr, volksdans, hip-hop, jazz en die musikale interpretasie van ‘n karakter. DIe twee brons medaljes het die kroon gespan op haar volharding, toewyding en talent. Hier spog sy met die 10 medaljes en dra sy trots die SA-baadjie.
Baie geluk, Bianka!! Suid-Afrika is trots op jou!