Larries se O.12 seuns-tennisspan sien baie daarna uit om skouers te skuur met Kevin Anderson en Lloyd Harris tydens die Nasionale eindrondte van die @BNPParibas Rising Star Tennistoernooi. Dit vind in Februarie 2020 plaas by die Arthur Ashe Tennis-sentrum in Soweto.
Hierdie manne is een van net agt spanne in Suid-Afrika (uit 112) wat die eindrondte gehaal het en die Larries is baie opgewonde om hul vordering daar dop te hou.
Baie sterkte, manne!