)

Laerskool Mooirivier se veelsydige seuns deel Sporttrofee

Laerskool Mooirivier het tydens die skool se erkenningsfunksie twee uitmuntende en veelsydige sportseuns bekroon met die sporttrofee.

Antonie Labuschagne het hom gedurende sy laaste jaar by Laerskool Mooirivier op vele sportterreine onderskei. Tydens die skool se huissport het hy die trofeë ontvang as beste gewigstoot-, skryfwerpatleet en beste naelloper. Hy het die Sias Fourie Wisseltrofee ontvang as beste baanatleet. Hy het die Kenneth Kaunda Atletiekspan gehaal maar moes later weens ? besering onttrek. Hy het vir die Noordwes o/13A-hokkiespan gespeel en hy het Noordwes-rugby tydens die Cravenweek verteenwoordig.

Lhuan-dré Pretorius het weer vir die Luiperdspan uitmuntende rugby tydens die Cravenweek gespeel. Hy is vir die Noordwes Provinsie  se o/13A-Momentum Krieketspan gekies. Hy het verder ook die skool se wisseltrofee ontvang as beste gholfspeler.

Altwee die seuns het vir die skool se o/13A-rugby-, hokkie en krieketspanne gespeel.  Die skool se o/13A-spanne was die Noordwes-naaswenners in die rugby en Noordwes-wenners in die hokkie- en krieketliga.

Volgende jaar gaan Antonie Labuschagne na Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp en  Lhuan-dré Pretorius gaan by die private skool St. Stithians in Johannesburg sy sportvlerke verder ontwikkel.

Baie geluk, manne!

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Thought of the Week – Gedagte vir die Week

Thought of the Week – Put on all the armor that God gives, so you can defend yourself against the devil’s tricks. Ephesians 6: 11, 12 Gedagte vir die Week…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal