Foto 1: Brandon Smuts, Daylon Beukes en Geo Engelbrecht na hul oorwinng tee Hoërskool Kalahari.
Hoërskool Upington het 28 en 29 Februarie ‘n wonderlike naweek vol rugby aangebied. Van die plattelandse skole het aan die sportnaweek deelgeneem, onder meer, Hoërskool Kalahari, Hoërskool Springbok, Hoërskool Keimoes en Hoërskool Groblershoop. Uppies het gesorg dat daar baie opwinding plaasgevind het op die veld en dat rugby op die dag geseëvier het. Hulle bedank elke skool wat kom kuier het en glo hulle sal volgende jaar weer so maak.
Uppies se O/19A-span het uitgeblink met hardlooprugby en het die toeskouers aanskoulike rugby gebied.












