HNK het die afgelope Saterdag ‘n heerlike en uiters suksesvolle damesoggend aangebied.
Baie dankie aan al ons borge sonder wie die oggend nie so sukses sou wees nie.
Dankie aan ons sprekers Monique Nicqie Robinson, Jolanie Botma en Jana Esterhuizen – julle was inspirerend en glo die dames kon baie daaruit neem. Baie geluk aan ons HNK leerders met ‘n pragtige opvoering – ons is so trots op julle.
Dan ‘n spesiale dankie aan ons hoofspreker van die dag – Cindy Swanepoel – jy was regtig ongelooflik en ons kan nie wag vir jou volgende kuier hier by ons nie.
Dankie ook aan al ons uitstallers – jul stalletjies het pragtig gelyk, asook aan een en elkeen wat dit bygewoon het en die dag so groot sukses gemaak het.
Trots groen!!