)

Hoërskool Adamantia: Oppie Tong Af

Woensdag, 3 Oktober, het Hoërskool Adamantia van Kimberley se redenaars-leerders vertrek na Pretoria om deel te neem aan die Oppie Tong Af Nasionaal finaal.

Met trots kan ons sê dat die leerders se tonge geklap het en ons baie trots gemaak het. Die leerders het uitstekende prestasies behaal.

Die Oppie Tong Af kompetisie het in die eerste rondte 6 000 deelnemers van regoor die land gehad, waarvan slegs 640 leerders genooi is om aan die finaal deel te neem en ons kan spog met 4 van ons leerders.

Lefran Smith, ’n graad 9-leerder, het in twee afdelings deelgeneem. In die Afrikaans Individueel Oorredingstoespraak-afdeling het sy ’n sesde plek verwerf en in die Afrikaans Individueel Vermaaklikheidstoespraak-afdeling het sy ’n besonderse eerste plek in die land verwerf.

Anke Brits, ’n graad 11-leerder, het in die Afrikaans Individueel Oorredingstoespraak Voorbereid-afdeling ’n agtste plek in die land behaal.

Johandri Tolmay, ’n graad-10 leerder, het in die Afrikaans Individueel Oorredingstoespraak Onvoorbereid-afdeling ’n vyfde plek in die land verwerf.

Anè Claassens, ’n graad 8-leerder, het in die Afrikaans Individueel Oorredingstoespraak Onvoorbereid-afdeling ’n sesde plek in die land behaal.

Ons is baie trots op ons Addie-leerders wat ons naam so hoog hou!

Deur Anke Brits (Gr.11-leerder)

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge. Hoërskool Kalahari, Kuruman is ongelooflik trots op SJ Everts en Eoghan van Wyk, wat die afgelope naweek by die Teemane Karateklub se Winter Challenge in Christiana…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal