)

Uppies ATKV jeugspan reik hand uit!

Vlnr: Valencia Likumbi, Jonathan Isaks, Bianca Adams, Mnr Raymond Esterhuizen (hoof: AJ Ferreira), Mnr. Riaan Kotzé (hoof: Hoërskool Upington), Chaneyka Kulsen, Elani Brand, Marnel Oberholster.

Die Kultuurdiere, soos die ATKV jeugspan van Hoërskool Upington bekendstaan, het onlangs ‘n hand uitgereik na Hoërskool AJ Ferreira. As deel van die ATKV se “Handevat” projekte, het die kinders, o.l.v. mev Madelein May, besluit om `n biedjie vir AJ Ferreira te help.

Hulle het kartonne vol kombuisvoorraad bymekaar gemaak sodat mev Beatrix Venter en haar Verbruikerstudieklas `n bietjie gemakliker kan werk tydens hul praktiese lesse.

Daar was vatlappe, maatlepels en -bekers, potte, panne en selfs glase en `n opskepbak of 2. Nou sal die praktiese klasse baie beter kan funksioneer.

Die Kultuurdiere het geleer hoe lekker dit is om te gee, veral as jy gee daar waar dit nodig is. Uppies hoop en vertrou dat die leerders al die mooi, nuwe goed in die klas gaan geniet en dit hul leerervaring lekkerder sal maak.

Minke van den Heever, Elani Brand, Monique Odendaal en Alitze van der Merwe.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal