Vlnr: Valencia Likumbi, Jonathan Isaks, Bianca Adams, Mnr Raymond Esterhuizen (hoof: AJ Ferreira), Mnr. Riaan KotzƩ (hoof: Hoƫrskool Upington), Chaneyka Kulsen, Elani Brand, Marnel Oberholster.
Die Kultuurdiere, soos die ATKV jeugspan van HoĆ«rskool Upington bekendstaan, het onlangs ān hand uitgereik na HoĆ«rskool AJ Ferreira. As deel van die ATKV se āHandevatā projekte, het die kinders, o.l.v. mev Madelein May, besluit om `n biedjie vir AJ Ferreira te help.
Hulle het kartonne vol kombuisvoorraad bymekaar gemaak sodat mev Beatrix Venter en haar Verbruikerstudieklas `n bietjie gemakliker kan werk tydens hul praktiese lesse.
Daar was vatlappe, maatlepels en -bekers, potte, panne en selfs glase en `n opskepbak of 2. Nou sal die praktiese klasse baie beter kan funksioneer.
Die Kultuurdiere het geleer hoe lekker dit is om te gee, veral as jy gee daar waar dit nodig is. Uppies hoop en vertrou dat die leerders al die mooi, nuwe goed in die klas gaan geniet en dit hul leerervaring lekkerder sal maak.