Verlede Saterdag het sestien van Hoërskool Brackenfell se tafeltennisspelers deelgeneem aan die liga-finaal by Table View. Deur die loop van die dag was daar 72 stelle tafeltennis gespeel. Spanne het uitgespeel vir goud, silwer, brons en plaatwenners. Hoërskool Brackenfell het hierdie jaar vier spanne in die onderskeie ligas ingeskryf. Hoërskool Brackenfell was aan die einde van die dag die goue medalje wenners van liga 4, asook die plaatwenners van liga 2. Hulle het goeie sportmanskap en gees op die baan gewys. Brakkies is baie trots op elkeen van hul spelers.