Hoërskool De Aar se eerste rugbyspan het op 13 Julie teen Hoërskool Vaalharts op Jan Kempdorp gespeel. Dit was van meet af ʼn harde en fisieke wedstryd. Die seuns het na ʼn lang vakansie gesukkel om mekaar te vind en het halftyd 12-7 voorgeloop.
HSDA het die tweede helfte van die wedstryd met goeie aanvallende rugby begin. Hoërskool Vaalharts se wal van verdediging het gebreek en HSDA het die telbord laat klim. HSDA wen die wedstryd 45-14.
HSDA se puntemakers: Nasiphi Yekani, Sikhulise Jacobs x 2, Giovanni Makaleni, Mauritz Erasmus Christie Venter en Clint Isaacs.
Become a Sponsor









