Hoƫrskool Upington het diƩ afgelope naweek na Hoƫrskool Namakwaland getoer en heerlik gespeel in die koue.
Vrydag, 18 Julie, het die skaak al vingers losgemaak en is daar begin met informele blitsskaak en 2 formele wedstryde daarna. Dit was `n goeie dag vir die skaak en die spelers het hul goed van hul taak gekwyt.
Die twee hokkiespanne het ook lekker gespeel en gewen. Ook vir tennis en rugby was dit `n goeie dag en hulle het oortuigend gewen teen Hoƫrskool Namakwaland. Die netbaldogters het met tye swaar gekry, maar moes met verswakte spanne speel teen ouer groepe!
`n Groot dankie aan Hoƫrskool Namakwaland vir hul gasvryheid. Julle is gedugte opponente en ons hoop hierdie toer word `n jaarlikse instelling.
Foto: Agter vlnr: Chabaneam Saal, Eric Swanepoel, Manqoba Manale, Adri Hudson, Bradley Gous, JP du Plessis, Elwin Wickens en Chrisjan Labuschagne.
Voor vlnr: Eldrin Esterhuizen, Dian Jacobs, Benno Bezuidenhoudt, Dehanu van Rooi, Clemence Terblanche en Micheal Wessels
Heel voor vlnr: PG Human, Fc vd Heever, Chad Minnaar en Andries Engelbrecht