Gedurende die eerste kwartaal het die leerlingraad van Laerskool Postmasburg gehelp om die skool aan te moedig om ‘n verskil te maak. Die doel was om kos, komberse en speelgoed vir die Diereforum in te samel en dan aan hulle te skenk. Hulle het redelik baie ingesamel en het dit self vir die Diereforum geneem.
Die blydskap op die diere se gesigte was duidelik. Dit was ‘n ongelooflike ervaring om te sien vir hoeveel diere die Diereforum sorg. Die leerlingraad was bly dat hulle hul doel kon bereik en ‘n verskil kon maak.
Die lede sien baie uit na Kwartaal 2 se projek en is seker dat hulle hierdie keer in kinders en babas se lewe ook ‘n verskil kan maak.
Geskryf deur Carina van der Merwe, LV Lid, Laerskool Posrtmasburg