)

HSDA MATRIEKS PRESTEER!

Talle matrikulante het gesug van verligting nadat die senutergende gewag vir die klas van 2018 verby is. Die matriekuitslae is op Vrydag 4 Januarie 2019 landswyd bekendgemaak.

HoĆ«rskool De Aar is baie trots op die matriekklas van 2018 se uitslae. Die NSS–eksamen het groot uitdagings aan hierdie klas gestel wat hul oorkom het. Tydens die Onderwysdepartement se Prysuitdelingsfunksie het HSDA spesiale erkenning ontvang vir die tweede plek wat hul vanjaar in die streek bekleĆ«.

Die matriekklas het ʼn 98.2% slaagsyfer behaal terwyl 38 van die 55 leerders vir verdere graadstudies kwalifiseer. Twee leerders, John-Paulo Sequeira en Nomtha Thobi, het puik presteer en spog met ʼn gemiddelde A-simbool.Terwyl sewe leerders, Emeka Afrika, Tiaan Duthie, Laurika Leeuw, Likhona Macklein, Glenodene Makaleni, Lara McGee en ChardĆ© Vries ʼn gemiddelde B-simbool behaal.

HSDA se hoofseun en dux-leerling, John- Paulo Sequeira, het uitmuntend presteer met sy vyf vakonderskeidings. Hy is die seun van John en Margaret Sequiera. John-Paulo presteer nie net op akademiese gebied nie, maar is ook ʼn kranige tennis- en rugbyspeler.

Hy het in albei sportsoorte sy provinsiale klere verwerf. Hy het ook die toekenning vir die seun wat die hoogste punt in graadtwaalf verwerf, ontvang. John-Paulo beplan om vanjaar B-Rekeningkunde aan die Universiteit van Stellenbosch studeer.

Sy raad aan vanjaar is matriekklas is: ā€œGee aandag in die klas, want dan is jou leerwerk minder!ā€
Nomtha Thobi behaal vier vakonderskeidings. Sy het die toekenning vir die dogter wat die hoogste punt in graadtwaalf verwerf, ontvang. Nomtha skryf haar sukses toe aan die ondersteuning en liefde wat sy van haar grootouers Themba en Nomvuyo Mjandana, ontvang het. Sy glo: ā€œ Jy moet in elk geval leer, so sit net ʼn bietjie ekstra in om bo uit te kom!ā€ Sy beplan om BA Maatskaplik aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit in Port Elizabeth te studeer.

Benewens die feit dat HSDA toegerus is met ʼn span professionele en hardwerkende onderwysers, is die eindresultate nie net geskoei op harde werk in graad 12 na, maar ook danksy die onderskeie laerskole wat die grondslag lĆŖ. Die liefde, ondersteuning en aanmoediging van elke ouer kan ook nie agterweĆ« gelaat word nie.

HSDA beskik oor genoegsame en uitstekende fasiliteite vir akademiese onderrig sowel as vir die beoefening van buitemuurse aktiwiteite. Dit is beslis ʼn skool waar kinders hulle volle potensiaal kan verwesenlik!

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – HoĆ«rskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wĆŖreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ā€˜n vasberade leerder van HoĆ«rskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…Ā  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…Ā  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal