JJ Snyders, gr.10 leerder van Hoërskool Upington en dié skool se spogatleet, is uitgenooi na `n prysuitdelingsfunksie te Kimberley.
Die koerante, Express en Kalahari Bulletin, hou hul “Sport star of the year awards” op Vrydag, 29 November. JJ is hierheen uitgenooi en ons kan nie wag om te sien wat gaan gebeur nie.
Intussen het JJ aan die Ope Byeenkoms te Jim Fouche deelgeneem. Hy en sy nefie (van Bloemfontein) het beide 22.13s in die 200m gehardloop en gesamentlik eerste geeïndig. Hy het ook goud gekry in die 100m Hekkies en die 400m H. In die 400m H het hy `n nuwe rekord opgestel.
Groot dinge lê nog dié seisoen voor vir die pragatleet van Uppies.
Become a Sponsor









