)

Hoërskool Upington Besigheid-krieketdag

Uppies het op Augustus hul eerste Besigheidskrieketdag gehou.

Ses spanne het ingeskryf: MTN, Sanlam, Upington Lions, Die Expendables, Toyota en die Onnies. Al die spanne het in ‘n rondomtalie formaat deelgeneem. Elke wedstryd het vir opwinding gesorg; of dit nou boulwerk, kolfwerk of veldwerk was.

Die viere en sesse is heeldag oor die velde geslaan en ‘n paar ruite was in gevaar om nie heel te wees aan die einde van die dag nie. Elke span het punte gekry vir ‘n wen en aan die einde van die dag is die punte opgetel om die top 4 spanne te bepaal.

Spelers is aangemoedig, asook sterk gekritiseer van die kant af, net om hul senuwees bietjie op die proef te stel. Die semi-finaal en finale wedstryde is onder ligte voltooi.

Toyota en MTN het in die eerste semi-finaal gespeel. MTN, wat die heeldag nog nie ‘n westryd verloor het nie, was verseker die gunstelinge, maar soos krieket werk, kan mens nie voorspellings maak nie. Jy gaan tien teen een verkeerd wees. Toyota wen die wedstryd en dring deur na die finaal.

Die tweede semi-finaal was tussen Sanlam en Upington Lions. Hier moes die Lions die knie buig voor die Sanlamspan. Sanlam en Toyota het mekaar aangevat in die naelbyter van ‘n finaal.

Met ondersteuning van vriende en familie wat lekker langs die veld gebraai het, wen Sanlam die dag.

Baie dankie aan almal wat die dag moontlik gemaak het.

Ons glo dit gaan ‘n instelling raak en meer spanne gaan in die toekoms inskryf.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal