[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text _builder_version=”3.0.95″ background_layout=”light”]
Drie atlete van Hoërskool Upington het vanjaar aan die SA – Kampioenskappe te Potchefstroom deelgeneem.
JJ Snyders, Nicolene Loots en Gerrit Hanekom het Noord-Kaap by die SA’s verteenwoordig. Hoewel hul nie onder die medaljewenners was nie, is ons nogsteeds baie trots op hulle.
Gerrit Hanekom het in die spesiale afdeling van die SA’s deelgeneem. Gerrit lei aan Treacher-sindroom en het dus gekwalifiseer om as ‘n LSEN-atleet aan die SA-Kampioenskappe deel te neem. Gerrit het hom baie goed van sy taak gekwyt en gewys dat moed die enigste eienskap is wat ‘n mens moet hê om bo in die lewe te eindig.
Foto (L na R): JJ Snyders, Nicolene Loots en Gerrit Hanekom
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]
Become a Sponsor









