)

Laerskool Stulting Kinderkuns & Kuieraand

Wat is dan nou lekkerder as om te knip en plak, te teken en te verf en op ‘n heerlike avontuur na die land van kleur en kreatiwiteit te reis…

Al beteken dit dat jy agterna van jou kroontjie tot jou toontjie vol verf en gom is, is dit beslis een van die lekkerste lekker onder die son!  Daarvan sal al Stulting se maatjies van gr. RR tot gr. 3 jou sommer gou-gou oortuig.

Elke maatjie het sommer vroeg-vroeg die kwartaal weggespring om hulle kunswerke vir die Kinderkuns en Kuieraand gereed te kry.  Al die mammas, pappas, oumas en oupas het saam met die jong Vincent van Gogh’s en Frida Kahlo’s die aand kom geniet met ‘n heerlike koppie sop en tuisgebakte brood. Wat ‘n perfekte atmosfeer vir ‘n koue wintersaand!

Die mense kon omtrent nie uitgepraat raak oor die besonderse kunswerke nie.  Hoe sê die wyse mense… “harde werk werp vrugte af”.  En in hierdie geval is dit pragtige, kleurvolle en stroopsoet vrugte!

Dankie aan al die maatjies en ook die juffrouens wat so fluks gewerk het om die aand ‘n reuse sukses te kon maak.

Die juffrouens van die Grondslagfase skrik beslis nie vir harde werk nie!
Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal