Laerskool Stulting, Humansdorp, se maatjies is dit eens… hulle Pappas is hulle “heros”! Met Vadersdag, wat Sondag gevier is, het die leerders verlede week gewoeker en gewerk om ‘n spesiale geskenkie vir Pappa te maak.
Pappas is baie spesiaal en is amper so sterk soos HULK, so vinnig soos SPIDERMAN, so dapper soos BATMAN, so slim soos CAPTAIN AMERICA en die lys hou net aan en aan… Pappa jy is ‘n SUPERHELD in murg en been!
Stulting sê graag dankie vir elke Pappa wat so ‘n groot invloed in hulle kinders se lewens het.
Foto bo: Die Gr. 2-Gogga-klassie met hulle “Superheld” Vadersdag kaartjies vir Pappa.