)

CHS Matrikulante vier hul laaste dag

Op Vrydag, 19 Oktober, het die lui van die Hoërskool Cradock skoolklok nie net die begin van ‘n nuwe skooldag aangedui nie. Die klok het ook gelui ter aankondiging van die graad 12-leerders se laaste skooldag voordat hul eindeksamen begin.

Hoewel hierdie dag met gemengde emosies begroet is, was die gees en gemoed onder die matrikulante baie vrolik tydens hul tradisionele afskeidsete by die Victoria Hotel. Na afloop van ‘n lekker ontbyt en ‘n paar stories van hul laaste vyf jaar as Kwaggas, het die matrikulante teruggekeer na die Elize Coetzeesaal, waar hulle ontvang is as eregaste van die dag se program.

Chuma Dilima en Shané de Waal het vir oulaas die skool- en landsvlae in die saal ingedra, ‘n taak wat hulle as hoofleiers elke week vir die afgelope twaalf maande met sowel trots uitgevoer het. Tydens die saalverrigtinge is ‘n pragtige huldeblyk aan die matriekklas van 2018 vertoon. Foto’s en herinneringe van die laaste vyf jaar sowel as elke matrikulant se drome vir sy/haar toekoms het vele trane ontlok. Die matrikulante het hier ook hul finale eksamenroosters ontvang. As hoofseun van 2018 het Chuma die groep uit die saal gelei en die hekke na hul toekoms oopgesluit.

Hierdie tradisie, tesame met die oorgee van die leisels, of in hierdie geval die vaandels, lei amptelik die einde van hierdie Kwaggas se skoolloopbaan in.

CHS wens elke leerder sterkte toe met die voorbereiding vir hul finale eksamen. Ons vertrou dat julle ervarings en opvoeding die afgelope vyf jaar julle in staat sal stel om ‘n sukses van hierdie eksamen te maak.

Aan die klas van 2018, vir oulaas, NIL NISI NITENDO.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal